Voertuigbeheer

Voertuigbeheer: Motorfiets

Identifisering van kontroles – motorfiets

Motorfietskontroles

Die doel is om ’n leerlingbestuurder vertroud te maak met die vernaamste sigbare komponente van ’n motorvoertuig. Die bedoeling is ook om die leerlingbestuurder te help om die kontroles te identifiseer wat saam gebruik moet word om ’n bepaalde maneuver of handeling te voltooi. Die kontroles en komponente van ’n motorfiets is soos volg.

Uitleg van die kontroles op ’n motorfiets
  • 1. Rathefboom — gebruik om ’n rat te verander of te kies.
  • 2. Koppelaar — gebruik wanneer jy ’n rat inskakel of uitskakel, of van een rat na ’n ander verander.
  • 3. Linker- en regtertruspieëls — gebruik om te sien wat aan die regter- en linkeragterkant van jou motorfiets is.
  • 4. Voorrem — word saam met die agterrem gebruik om die motorfiets tot stilstand te bring.
  • 5. Versneller — gebruik om die brandstoftoevoer na die enjin te reguleer om die spoed van jou motorfiets te verhoog of te verlaag.
  • 6. Flikkerligskakelaar — gebruik om ander padgebruikers in te lig oor jou voorneme om na links of regs te stuur, of om links of regs te draai (veral wanneer jy van baan verwissel).
  • 7. Agterrem (met die voet bedien) — gebruik om jou voertuig te stop, om spoed te verminder of om heeltemal tot stilstand te kom.

    Wanneer jy rem, is die afstand wat dit die bestuurder van ’n motorfiets neem om te stop,
    (i) langer op ’n nat pad as op ’n droë pad.
    (ii) langer indien die voertuig teen ’n hoër spoed ry.
    (iii) langer indien die voertuig gelaai is.
  • 8. Stuurstang — gebruik om die rigting van die motorfiets te verander: om links of regs te draai of die voertuig op ’n reguit pad te hou.
  • 9. Brandstoftenk — gebruik om brandstof (petrol) te stoor.